Volkome Vertroue

Hoe moeilik is dit nie om ALLES in God se hande  te los sonder om jou eie planne te maak nie? Die wêreld leer ons om verantwoordelikheid te neem vir ons eie lewe en aksies. Dit beteken sodra daar moeilike tye op ons pad kom moet ons die nodige aksie planne in plek hê om die probleem op ons manier te oorbrug. Ons spandeer baie tyd, energie en angs om ons planne vlot te laat verloop.

 Ons probleem is ons probeer te alle tye in beheer van alles wees, maar om volkome op God te vertrou is om alles in God se hande te los

   Die Woord van God leer ons om  op God te vertrou. As God na die voëltjies en die blommetjies omsien hoe te meer na jou? In die “Onse Vader” leer ons tog van kleins af om te vra “gee ons vandag ons daaglikse brood”. Het dit net ‘n resitasie geword of beteken die woorde werklik iets? Jesus Homself het vir ons geleer om vir God te vra om na ons te sorg en vir ons te gee wat ons vandag nodig het. More sal God vir ons gee wat ons more nodig het en so sal God elke dag vir ons sorg. Ons moet net binne Sy wil lewe en volkome op Hom vertrou. Dit is baie moeilik om volkome op God te vertrou as die harde werklikheid ons in die gesig staar, of is dit?

   Kom ons kyk na die baie bekende verhaal van Dawid. Dawid het deur sy wandel met God geleer dat God elke dag na hom omgesien het. Elke oorwinning terwyl hy sy skape opgepas het, het hom net meer laat besef hoe groot God is. Maar toe die reus Goliat (‘n harde werlkikheid) hom in die gesig staar het hy geweet God sal hom beskerm (soos hy geleer het uit sy wandel met God). Mense kan dalk sê dat Dawid se geloof nie sterk genoeg was nie want hoekom het hy vyf klippies opgetel. Miskien vir ingeval hy mis gooi? So Dawid, waar is jou volkome geloof dan nou? Die werklikheid is dat Goliat vier broers gehad het (2 Sameul 21: 15-22) en Dawid was reg vir hulle almal want hy het geweet God het net een klippie nodig om die reus te verslaan.

   Volkome vertroue op God selfs al staar daar ‘n reus(e) probleem jou in die gesig. Dit is nie altyd so maklik nie maar dit is wat God van ons verwag.

   Mag almal ‘n baie geseënde, God gevulde Kersfees beleef waar Jesus u omvou met Sy nimmereindige Liefde.

Liefde groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Kan Julle Glo
Om God as Familie te dien
Manne Kamp – Pa”s en Seuns Kamp – Maart 2012
Plasing No 0064
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.