Waarom Kategese?

Sal jy ooit probeer om ‘n vliegtuig te loots sonder die nodige opleiding?
Beslis nie, jy soek sekerlik moeilikheid as jy ’n vliegtuig wil vlieg sonder dat jy vooraf die nodige opleiding ondergaan het. Hoe beter die opleiding, hoe beter is jy toegerus om krisisse en probleme wat op jou pad kom, te hanteer.

   Krisisse en probleme is daar meer as genoeg. Die afgelope maand het ons net weereens besef hoe broos en blootgestel ons as mense is met die orkane, tornado’s en aardbewings oor die wêreld heen. Al die wetenskap, tegnologie en hulpmiddels waarop mense gewoonlik steun, kon niks doen om die situasie te verander nie.

   Dit is tog interessant dat die meeste mense die lewe met al sy uitdagings en probleme aandurf sonder dat hulle regtig daarvoor toegerus is. Dit is iets waaraan hulle net nooit dink nie.

Baie mense sien nie die nut van kategese nie. Die doel is nie net om my ‘n bietjie Bybelkennis te leer nie, maar ook en veral om vir my geloofsbeginsels te leer wat my in staat gaan stel om die lewe met sy krisisse en probleme op die regte manier te hanteer,

   Ons verhouding met God, ons geloof in God en ons vertroue op God stel ons in staat om die lewe met sy krisisse en probleme op die regte manier te hanteer.

Miskien moet ons die naam Kategese verander na iets soos Lewenstoerusting, dan sal mense dalk beter besef waaroor dit gaan en met ander oë na kategese begin kyk. Ouers moenie die struikelblok wees en sodoende jul kinders die geleentheid ontneem om aan hulle eie verhouding met God te werk nie.

Oom Jan
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Egte Tiende
Hoe?
Intieme Liefdes verhoudings
Jeug Leiers gaan terug skool toe
Keuse – 3G of 4G?
Om God as Familie te dien
Wie is Jou Superhero
Plasing No 0232

One thought on “Waarom Kategese?

  1. Sondagskool gaan sowel die pad wat geloop moet word vir die jongmense aan hulle sterk menslik, asook Christelike waardes gee.
    Indien dit misgeloop word, is daar soveel uit hul lewensreis wat kortkom.
    Bid hulle sterkte toe.
    Henning ons waardeer jou met hierdie pad wat jy met die katkisante stap.

Leave a Reply

Your email address will not be published.