Wat Word Van Die Wêreld?

Iemand vra nou die dag : Wat word van die wêreld?  Ons vra ook dalk soms dieselfde vraag. Die wêreld voel maar vir my na ‘n groot deurmekaar spul. Ek dink net ons moet meer aan Jesus se voete gaan sit en by Hom leer. Ons wil sommer self die wêreld verander. Dis goed en wel, maar as ons op eie krag en insig staat maak gaan ons beslis tweede kom.

Johannes 16 v 33 : “Dit sê Ek vir julle sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.“ 
Hoe hou ons kop bo water te midde van die deurmekaarspul? Rig jou gedagtes op God. Wees aan Hom gehoorsaam en jy sal verstom staan. Jy sal dit nie noodwendig beter hê as die res van die wêreld nie, maar glo my, jy sal vrede hê wat alle verstand te bowe gaan. Leef in die Waarheid. Leef in liefde met alle mense.

Ai Duimpie dis darem te dik vir ‘n daler “sê jy. Nee, dis God se opdrag aan ons Sy kinders.

Johannes 15:12 “ Dit is My opdrag: “Julle moet mekaar lief hê soos Ek julle lief het.” Jesus self bid vir Sy dissipels in Johannes 17:15 “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die bose moet bewaar. V 26 Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek in hulle.”

My liewe boetie en sussie ons hoef nie slim geleerde mense te wees om ‘n verskil te maak waar ons is nie. Paulus skryf in Sy brief aan die Korintiërs in 1 Korintiërs 1:21-25 ( Die Boodskap ) : “ Nee, Hy het my gestuur om vir julle die goeie boodskap oor Hom te vertel. Dit moet ek nie doen met vreeslike geleerde en moeilike taal om die mense te beïndruk nie.

 Nie taal nie, maar die werklikheid van die kruisgebeurtenis van Jesus moet mense beïndruk. Daar lê die werklike krag van die boodskap oor Jesus en dit mag nooit agter slim argumente of geleerde taal weggesteek word nie.

Mag ons as God se gemeente elke dag ondanks ons omstandighede Sy liefde en vrede aan almal uitdra.

LEEF VOLUIT EN GODGERIG , LAAT GOD JOU EERSTE PRIORITEIT WEES!

Groete,

 Duimpie
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Psalm 121 – Nader tot God en kyk op
Liefde Is
God se Ritme in Ons Lewe
Die Tien Gebooie
Ons Weet Wie Jesus Is
Elkeen Het n Doel
As Gebou Van God Vertrou Ons Jesus
Plasing No 0280

Plasing No 0280

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *