Wipwaentjie

Voel dit soms vir julle of julle in ‘n wipwaentjie (roller coaster) ry? Wel. het jy al mooi opgelet dat daar ‘n baie spesifieke baan is waarop die waentjie gaan?

 Verder nog, dat wanneer jy in daardie waentjie klim sit die persoon wat die baan beheer ‘n veiligheidsgordel om jou om jou veilig te hou.  Maak nie saak of jy onderstebo ry of watter posisie die waentjie in is nie, jy is veilig mits die baan elke dag getoets word om te verseker dat dit veilig is.

   Ja, soms voel ons lewens holderstebolder en buite beheer. Weet julle dis nie so nie. God is in beheer. Hy bepaal die pad wat ons moet gaan en Hy is elke tree saam met ons. Hy hou ons veilig met Sy liefde. Ons is elke dag (indien jy kies om die pad saam met Hom te loop) veilig vasgegordel in Sy oneindige groot liefde. HY HOU JOU IN DIE HOLTE VAN SY HAND.

Joh 10 v 28b “Niemand sal hulle uit My hand ruk nie.”  Jesaja bevestig dat Jou naam is in Sy handpalm gegraveer.

Jesaja 49 v 16 “Ek het jou naam in My handpalms gegraveer,” en, sê Jesaja in 45 v 4b “ Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.”

   My liewe boeties en sussies, volgende keer as dit weer voel of jy holderstebolder vasgevang is in jou omstandighede, WEET God is daar, Sy liefde is altyd daar.
Stel jouself elke dag tot God se beskikking (gaan die spoor na). Vra na die wil van God en Hy SAL jou vashou.
Jeremia 4 v 4 “Wy julle aan die diens van die Here, en verwyder alle ontrou uit julle harte “

Die Teoloog, François Fénelon (1651-1715) het gesê: “Dit is juis wanneer dit lyk asof God ons heeltemal verlaat het, dat ons ons volledig aan Hom moet oorgee.”

Lekker wipwaentjie ry !!

Groete Duimpie

Nog Sielskos vir Die Lewens Pad
Psalm 121 – Nader tot God en kyk op
Bid en bly op die smal pad
Die Here is sy vyande ver voor
Die kerk Vir Vandag
Plasing No 0037

Leave a Reply

Your email address will not be published.