Worrying About Tomorrow

STEALS THE JOY OF TODAY.

Ons almal het dit al gehoor maar dit maak die daaglikse bekommernisse nie ligter nie. Werk, finansies, opvoeding, opleidings, gesondheid en sommer net “wat hou die toekoms vir my in,” is maar net ’n paar voorbeelde van wat ons in die nagte wakker hou.

 Die Here het nooit vir ons bedoel om ’n lewe vol bekommernis te lei nie.  

1 Petrus 5:7” Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”  

   God sê Al julle bekommernisse, nie net die probleme wat jy dink God nie kan uitsorteer nie. Ons dink soms net omdat die nood druk en ’n uitkoms sommer nou benodig word kan God nie help nie – “Jy weet mos dat God werk net op twee spoed verstellings. Stadig en baie stadig.”
NEE! vertrou dat God die uitweg gaan bring, vertrou volkome. Werp jou hele hart op God. In Maleagi sê God “toets My hieraan”. Dink jy dalk die probleem is te groot vir die God wat alles uit niks geskep het om uit te sorteer? Versorg Hy nie die voëltjies en diere in die veld nie? Hoeveel te meer vir jou wat geskape is net bietjie minder as Hemel wesens. Jy, die Kroon van Sy skepping?

Jesaja 41:10 “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hande red ek jou”.

   Wow! Met Sy eie Hande red Hy jou, so moenie bang of bekommerd wees nie. God self sal jou die krag gee en jou help. Maar die mees belangrikste ding is Hy sal jou nooit verlaat nie. Hy hou jou vas, Hy is altyd by jou en jy sal nooit alleen wees nie. Vat asseblief een oomblik en dink wat dit beteken. Nooit alleen….

   My God lieg nie en my God breek nie Sy beloftes nie. Wat Hy hier gesê het staan as ’n belofte vandag en vir altyd. Die Heilige Gees is ons helper en Hy wag net dat ons Al ons bekommernisse moet oorhandig en dit by Hom los. Dit is uit die Here se onverdiende Liefde vir ons, as Sy kinders.

  Hoe gaan daai kinder liedjie? “My God is so groot so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen. Huh uh!!

Liefde Groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wipwaentjie
Geloofsvolharding
Tou Opgooi
Think Different
Psalm 121 – Nader tot God en kyk op
God van die Onmoontlike
Ek Weet Nie Meer wat die Waarheid is nie
Die Egte Tiende
Plasing No 0265

Leave a Reply

Your email address will not be published.