Pinkster 2021 – deel 3 van ‘n reeks van 4
Woensdag 19 Mei 2021
Die Heilige Gees vandag
1. Die Heilige Gees leer en herinner ons
In Joh 14:26 sê Jesus vir Sy dissipels, “en wanneer die Vader in My Naam die Voorspraak, die Heilige Gees stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Joh 14:26).
(Parakletos: Helper, Advokaat, Een wat in tree(Voorspraak), Versterker, Die een wat by julle is)
Hy sal ons alles leer. “Wat julle egter betref, die Gees waarmee Jesus julle gesalf het, bly in julle en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles! En wat Hy julle leer is die waarheid en geen leuen nie. Ja soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly“(1 Joh 2:27 sê
Hy leer ons onder andere deur ons aan alles herinner wat Jesus gesê het, met ander woorde, die Bybel.
“Die Heilige Gees sal ons leer wat om te sê in situasies waar ons onsself moet verdedig of moet praat voor die wat ons vervolg”.Luk 12:11
2. Die Heilige Gees oortuig die wêreld van Sonde
Die Heilige Gees as Advokaat.(Joh 16;7-11)sal bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde (want hulle glo nie in Jesus nie) en dat die reg aan Jesus se kant is (want Hy gaan na die Vader toe), en dat die oordeel al gekom het (want die owerste van hierdie wêreld, die Satan is klaar veroordeel.)
“Die wat hulle deur hul sondige natuur laat beheers, hou julle besig met die dinge van die sondige natuur, maar die wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees” Rom 8:5
Rom 9:1 “…my gewete, wat deur die Heilige Gees gelei word, getuig saam met my…”
1 Kor 6:11 “Maar julle het julle Sondes laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van God.“
Galasiers 5:16-17 “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van die Sondige Natuur nie.”
3. Die Heilige Gees woon in ons
Ons ken mos die bekende 1 Kor 3:16, “Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God woon in julle!”
1 Kor 2:12 “Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom.”
2 Kor 1:21-22: “God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.”
1 Joh 4:13 “ Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee.”
Gal 4:6 “ En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van Sy Seun in ons harte gestuur , en in ons roep Hy uit “ABBA”, dit beteken Vader
4. Die Heilige Gees is ‘n bron van openbaring, wysheid en krag
1 Kor 2:9-12 Ons sal nooit als van God kan begryp nie en daar is elke dag nog meer wat ons van God kan leer. Ek het ‘n term wat openbaringskennis genoem word by iemand gehoor, kan nie onthou wie nie en hierdie woord het vir my baie keer wanneer ek iets van God leer ken wat ek nie voorheen geweet het nie sin gemaak. In 1 Kor 2:10 “God maak veborge dinge van Hom deur die Gees aan ons bekend. Want niemand ken die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees.
Ek dink ook hierdie openbaringskennis is die verborge manna waarvan Openbaring 2:17 van praat. “Dat elkeen wat luister na die Gees en die oorwinning behaal, sal van die verborge manna kry.” Die verborge skatte wat God vir ons het.
Efes 1:3 sê: “Hy (Die Vader) het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is”.
Krag:
Jesus sê in Hand 1:8 “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees.
Efes 1:19 “Hoe geweldig groot God se krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het!”
Wysheid
Efes 1:17-20. Hoor Paulus se gebed “dat die Vader deur Sy Gees aan ons die wysheid sal gee en Hom so aan ons openbaar dat ons Hom werklik kan ken.”
Jak3:17 “Die Wysheid wat van Bo kom bring ons in die regte verhouding met God en ons moet hierdie wysheid gebruik om vrede te maak“
5. Die Heilige Gees Lei ons in die waarheid
Joh 16:13-15 “Die Heilige Gees van die Waarheid, sal ons lei in die Waarheid,” Hy sal ons ook vertel van die dinge wat gaan kom en sal net vir ons vertel wat Hy van die Vader ontvang.
In Hand 26 tydens sy verhoor teen Agrippa sê Festus vir Paulus in v24 :”Jy is mal, Paulus, jou geleerdheid maak jou mal!. Maar Paulus sê: ”Ek is nie mal nie, U Edele, maar onder die leiding van die Heilige Gees praat ek die waarheid wat elkeen kan verstaan.”
6. Die Heilige Gees gee vir ons gawes
Daar is ‘n hele paar tekste waar ons van die gawes van die Gees leer!
Eks 31:1-6 “1Die Here het vir Moses gesê: 2“Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is ‘n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda. 3 Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: 4ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk, 5edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen. 6Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:”
Romeine 12:6-8
- Profesie (v6)
- Om te dien (v7)
- Onderrig te gee (v7)
- Om mense te bemoedig (v8)
- Om te gee (v8)
- Om leiding te gee (v8)
- Om ander te help (v8)
1 Korintiërs 12:8-10
- Woord van wysheid (v8)
- Woord van kennis (v8)
- Geloof (v9)
- Gesondmaking (v9)
- Wonders doen (v10)
- Profeteer (v10)
- Tussen die geeste onderskei (v10)
- Ongewone tale of klanke gebruik (v10)
- Ongewone tale of klanke uitlê (v10)
1 Korintiërs 12:28
- Apostels
- Profete
- Leraars
- Dié wat wonderdade kan doen
- Dié wat mense gesond kan maak
- Dié wat hulp te verleen
- Dié wat leiding gee
- Dié wat ongewone tale of klanke gebruik
Efesiërs 4:11
- Apostels
- Profete
- Evangeliste
- Herders
- Leraars
1 Petrus 4:11
- Preek
- Dien
Die Heilige Gees – Deel 1
Die Heilige Gees – Deel 2
Die Heilige Gees – Deel 4
My Baadjie of My Vriendskap
Plasing No 0097