10 stappe tot beroeping

Day after day, day after day,
We stuck, nor breath nor motion,
As idle as a painted ship
Upon a painted ocean.
– Thr Rime of The Ancient Mariner – Samuel Taylor Coleridge – 1789

Voel dit so vir jou? Terwyl ons soek vir ons nuwe Kaptein?
‘n ledige geverfde skip op ‘n geverfde see?
Maar skepe is nie gebou om in die kalm waters van die hawe te lê.
Shepe is gebou om te seil, in goeie weer en sleg, in kalm waters en in onstuimige see.
So, terwyl die soektog vir die nuwe Kaptein voort gaan, moet ons ook voort gaan.
Op die Koning se Skip SS MINDALORE is daar baie om te doen, met of sonder ‘n Kaptein.
Ons het ‘n span leiers wat hulle bes doen om die skip op koers te hou. En, God is by ons. Soos met sie dissipels in ‘n skuit, so met ons in ons se skip.
Soos uitgeroep op skepe orals op die see, in tye van onsekerheid, onstuimige see en in die tye van nood “All hands on deck” Die vraag is “Hoe werk die DIE PRE-ADVIES KOMMISSIE?” Om ‘n nuwe Leraar te beroep is ‘n lang maar nodige proses. Dit sal, van tyd tot tyd, frustreerend wees vir die kommissie, die Kerkraad en die Gemeente. Dit is ook nie iets wat elke dag gebeur in ‘n gemeente. Daarom is dit altyd ‘n leer proses vir almal. Dit verg ook geduld van die hele span.                                                                 

1
Voor ‘n Leraar beroep kan word moet die Kerkraad die vakatuur skep.
In Mindalore die pos word geskep wanneer die huidige Leraar ‘n beroep van ‘n ander gemeente aanvaar, of hy of sy bedank, of tot sterwe kom.
 Dit het beteken dat ons moes wag vir die aanstelling van Henning, in Ghansi, afgehandel te word voor ons proses kon begin.
2
Daarna moes ons die Ring ooetuig dat Mindalore ‘n Leraar nodig het, en dat die gemeente dit kan bekostig, vir te minste 3 jaar.
3
Daarna is ‘n posbeskrywing geskep wat al die take en vaardighede wat nodig is om die werk uit te voer. Al die ander eienskappe wat ons in ‘n Leraar nodig he word uiteen gesit.
4
Die nodige toestemming om die pos te adverteer is gekry, sowel as goedkeuring van die advertensie wat in die Kerkbode geplaas sal word.
5
Daar is ‘n sluiting datum, so dan moet ons wag vir enige aansoeke.
6
Daarna moet die kommissie ondersoek doen op elke aansoek.
7
Die volgende stap is om ‘n kortlys van aansoeke te skep en ‘n voorlegging aan die volle Kerkraad te doen.
8
Die gekeurde kandidate word uitgenooi vir onderhoude (formeel en informeel), ‘n preek beurt en daarna informele ontmoeting met die gemeente.
9
Afhangende die uitkoms van dit alles, sowel as onderhandelinge oor salaris, byvoordele ens, kan ‘n
formele stemming deur die Kerkraad plaasvind, onder toesig van die Ring.
10
Daarna die finale amptelike beroeping en verdere formaliteite word afgehandel.   Dit is duidelik dat baie kan – in ons oë – verkeerd loop, maar soms moet dit so wees om uit te kom by die regte nuwe Leraar. Hierdie is rerig ‘n saak van minder haas – meer spoed.  

WAT KAN EK DAN DOEN?

Bid. Bid aanhoudend. Bid met passie en vuur. Bid dat die Kommissie reg optree. Bid dat God baie duidelik die Kommissie wys wie die regte persoon is. Ondersteun hulle so ver as U kan.


As U enige vrae, voorstelle of klagtes het oor die proses,
praat met een van die span hieronder.
Antoinette Kleynhans – Voorsitter -082-360-6470
Selwes Blomerus – Onder-Voorsitter – 084-890-3919
Anne-Marie van Staden – Leier Ouderling – 071-918-8334
René Kleynhans- Skitter Vroue – 072-528-2984
Adriaan Gross – Jeug – 083-721-9969
Koos de Jager – Finansies – 082-46?-5052
Winpie de Buys – Diensverhouding 083-453-8399
—————————————————————–
Wees Dankbaar – Wees Diensbaar Bid gedurig – Wees Bly

Plasing No 0366

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *