90 Dae van Gebed vir Suid Afrika – Dag 6

‘n Oproep tot aksie

Vandag se gebed kom van Anne-Marie van Staden

O Heer my God
As ek in eerbied wonder
En al U werke elke dag aanskou
Dan huil my hart saam met U
Oor wat van U mooie skepping geword het.
U wat vir elke klein wurmpie sorg maar ons as mense kan nie vir mekaar sorg nie.
Ons elkeen sit soos Job in sak en as en bejammer onsself soos n natrossie.
Vandag wil ek dankie sê Here, vir ons mooie land, Suid-Afrika.  Gee dat ons trotse Suid-Afrikansers sal wees, dat ons nie hoop verloor nie.  Dat ons sal bly vertrou dat U nog nie klaar is met haar nie, maar haar ook U bruid sal maak.
Dan moet ek juig, my Redder en my God
Hoe groot is U,
Hoe groot is U.
Dan sal almal sien deur die hele skepping heen,
hoe heerlik Heer, U grote Naam.  

Anne-Marie van Staden

Dae 1-10
My gebed vir Suid Afrika
My prayer for South Africa
Ondersteun Hierdie Aksie
Plasing No 0379

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *