My Gebed vir Suid Afrika

Dankie dat jy gereageer het op die oproep tot aksie. Tik asseblief jou gebed in die “Laat ‘n antwoord” hieronder. Begin jou gebed met die woord Gebed en as jy wil eindig met jou naam en die naam van die dorp waar jy woon.
Ons sal jou gebed modereer en dan op die bladsy wat vir die dag geskep is, publiseer. As, vir Byvoorbeeld, jy stuur jou gebed op Dag 4, dan sal dit op daardie dag verskyn, maar daar kan ‘n vertraging wees tussen die dag wat gestuur is en die dag wat geplaas is.

Bepalings en voorwaardes

1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk) Mindalore, Krugersdorp, hierin na verwys as NG Mindalore) behou die reg voor om enige gebed wat bots met ons oortuigings en/of die wette van die Republiek van Suid-Afrika te verwerp. 2 NG Mindalore is nie geaffilieer aan en ondersteun ook nie enige politieke party nie. Met hierdie oproep tot aksie bevorder ons nie enige ander saak as hierdie oproep tot aksie (wat in hierdie geval ‘n oproep tot gebed) is nie. 3 Deur jou gebed op hierdie webwerf te plaas, stem jy in om afstand te doen van jou reg op enige inkomste of voordeel van enige aard in die geval dat jou gebed in enige ander publikasie van watter aard ook al deur NG Mindalore gebruik word

Plasing No 0371

7 thoughts on “My Gebed vir Suid Afrika

  1. Jesus, ons Redder, Leidsman en Saligmaker.
    My gebed vandag is dat die liefde van God drie-enig in ons elkeen se harte sal. Dat ons mekaar sal liefhê met opregte Jesus liefde.
    Seën ons land, ons leiers en ons medeburgers met wysheid, insig en kennis, sodat ons besluite maak wat die beste is vir ons mense, vir ons kinders, en vir ons land.
    Help ons om ons oë te rig op Jesus sodat ons, soos beloof aan ons in Psalm 91, dat Wanneer ons Hom aanroep, Hy ons gebed sal verhoor, by ons sal wees in nood, en dat Hy ons sal red en ons land in Sy eer herstel.
    Ons dank U daarvoor en buig voor U in dankbaarheid.
    Amen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *