GLO JY?

Glo jy dat die God van vandag nog steeds die selfde God is waarvan ons in die Bybel lees?

Die God wat met ‘n woord alles tot bestaan beveel het. Die God wat Sy volk van verdrukking verlos, die God wat liggaamlike genesing bring en die God wat bevry.

Ongelukkig is daar baie mense wat aan “Sien is glo” sindroom lei maar kan jy jouself indink hoe dit moes wees om saam met Jesus en Sy dissipels te kon wandel, veral wanneer Hy wonderwerke gedoen het. Ek vra myself baie keer die vraag, hoe kan mense nie in God glo nie, kyk net rondom jou na al die wonders en gawes wat Hy geskape het. Maar om hierdie wonders in lewende lywe kom beleef, moes fantasties gewees het en dit alleen sou alle twyfel uit die pad gedryf het. 

Maar ons lewe vandag, in ‘n tyd waar teorieë en soms teoloë God se wonders probeer weg verduidelik of aan toeval voorskryf. So weereens my vraag. Glo jy dat die God van die Bybel nog steeds die God van vandag is?

My antwoord is sonder twyfel en beslis JA!

Ek het God se liefde, werking en wonderwerke persoonlik al beleef. En vir die mense wat sê “sien is glo”…. wel ek het dit al gesien ook. En ek praat nie van die wonder van ‘n pasgebore baba se eerste snak na asem of ‘n pragtige blom wat in die natuur groei nie, ek praat van God se bonatuurlike krag en werking in, nie net my nie maar mense rondom my se lewens. Fisiese liggaamlike genesing, bevryding, herstel, bonatuurlike aanraking en die lys gaan aan. Fisiese tasbare wonderwerke, nie metafore nie.

Ek het ‘n baie mooi boekie as geskenk ontvang so ‘n wyle terug. “The Bible promise book” deur Barbour uitgewers. Die opskrif is “One thousand promises from God’s Word” Beloftes en insperasies uit God se woord. Beloftes wat lank voor ons tyd gemaak is maar

beloftes wat vandag nog staan en relevant is. God sê in Eksodus  “Ek is” en dit beteken ook, Ek sal altyd wees. Dieselfde van die begin af tot verewig. 

Jesus het dieselfde frase “EK IS” in sewe verklarings oor Homself gebruik. In al sewe kombineer Hy “EK IS” met ontsaglike metafore, waarin Hy Sy reddende verhouding teenoor die wêreld uitspreek. EK IS die brood wat lewe gee (Joh 6:35, 1, 48, 51); EK IS die lig vir die wêreld (Joh 8:12); EK IS die ingang vir die skape (Joh 10:7,9); EK IS die goeie herder (Joh 10:11,14); EK IS die opstanding en die lewe (Joh 11:25); EK IS die weg en die waarheid en die lewe (Joh 14:6); EK IS die ware wingerdstok (Joh 15:1,5)

Hy is die selfde lewende God waarvan ons in die Bybel lees en die God wat vandag nog wonders verrig.

Liefde groete 

Die Ontdekker

Plasing No 0365

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *