Liefde is om die voorbeeld van Jesus na te volg

In Efesiërs 5:1-2 skryf Paulus – “Omdat julle kinders van God is, en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in Liefde, soos Christus ons ook lief gehad en om ons ontwil Sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja ‘n offergawe wat vir God aanneemlik is.”  

Oor die woord liefde is daar al baie geskrywe. Almal soek liefde, almal wil beter liefgehê word.  Almal het hul eie verstaan van liefde. Is liefde ‘n gevoel, ‘n gedagte, ‘n wete, ‘n daad of is dit ‘n bevrediging van my emosionele behoeftes? Liefde is om te behoort: As jy die keuse gemaak het om jou hele lewe aan God oor te gee, is jy ‘n kind van God! En dit is seker die grootste voorreg wat ons as mense op aarde mag hê.

Ons behoort aan Iemand, nie aan ‘n mens nie, maar aan die Vader van die Heelal.   Liefde tree op ter wille van ander: Daar is een beginsel waaroor die Bybel baie duidelik is en dit is dat God vir my en vir jou lief is!! Hy het JOU lief en Jesus se liefdesdaad was nie ter wille van Homself nie, maar om my en jou ontwil! Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy aan my gedink! Dit is nie Goedkoop omkoop liefde om ons net gelukkig te hou nie, maar intense omgee, daar wees liefde, teenwoordig wees liefde.
Ware liefde offer alles op: Jesus het in Sy liefde op twee belangrike persone in Sy lewe gefokus. Ten eerste het Hy uit liefde vir my en vir jou, Sy lewe as ‘n offergawe gegee. Hy het nie eers gekyk of ek en jy vir Hom aanvaarbaar is nie, Hy het nie eers vir die Vader gesê “Vader – hulle is so ‘n sondige spul mense, en nou moet ek my lewe vir hulle gee” nie. Hy was gehoorsaam aan Sy Vader en vir my en vir JOU, sy kosbaarste besitting, naamlik Sy LEWE opgeoffer! – dit is liefde!   Tweedens het Jesus in Sy liefde op God, Sy Vader gefokus want vir Jesus was dit noodsaaklik dat Sy liefdesoffer vir God aanneemlik is. In Efes. 5:1 sê Paulus vir ons dat ons liefde soos Jesus sin moet wees. Ons moet Sy voorbeeld navolg. Liefde is dus om die voorbeeld van Jesus Christus na te volg: Ons moet so in liefde lewe, dat ons lewe ‘n offergawe sal wees vir elkeen om ons en veral ‘n offergawe wat vir God aanneemlik sal wees.  

Groete,

Henning

Plasing No 0368

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *