Bring my die ou -ou Tyding

 Met Kersfees so om die draai raak mens al meer bewus van wat alles 2000 jaar gelede gebeur het.   Hier is ’n paar interessante feite oor die geboorte van ons Verlosser: Jesus Christus die Heer.

    Feit 1 – Volgens die evangelie van Matteus is Jesus gebore in Bethlehem, wat vandag Palestina is, tydens die regering van Koning Herodus die Grote.

    Feit 2 – Bethlehem was in Judea wat op daardie stadium ’n Romeinse Provinsie was.       

    Feit 3 – Die wêreld taal was Grieks omdat Alexander die Grote van Griekeland, in ongeveer 300 vC ’n groot deel van die Mediterreense wêreld verower het.

    Feit 4 – Maria en Josef moes ongeveer 140 km van Nasaret, in Galilea, na Bethlehem, in Judea reis, om deel te neem aan die Romeinse Sensus.

Feit 5 – Niemand weet presies op watter dag Jesus gebore is nie.

    Feit 6 –  Die 25ste Desember is deur Keiser Konstantyn as datum vir Jesus se geboorte gekies, om die Romeinse fees van Saturnalia met ‘n Christen fees te vervang.

     Feit 7 – Volgens die antieke Romeinse datering, word Jesus se geboorte vasgestel as die Jaar 749 in die Jaar van Rome.

     Feit 8 – As gevolg van foutiewe berekeninge met die Anno Dominum datering (vC en nC) is Jesus gebore tussen 6 – 4 vC.

    Feit 9 – Omdat Maria, wat verloof was aan Josef swanger geraak het van ’n ander “Man” kon sy gestenig geword het.

    Feit 10 – Die naam Jesus is die Griekse vorm van die Hebreeuse naam Yehoshua (Josua)  wat “God is Redding” beteken.

    Feit 11- Herodus die Grote se pa, Antipater, is deur Julius Ceaser as heerser oor Juda aangestel

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Oudste Manuskrip
Jonk Maar ‘n Voorbeeld
Tyd Saam met God – Deel 2
Plasing No 0135
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *