Die Keniane Stuur Groete

Liewe Mindalore gemeente.

Gun ons die geleentheid om diep uit ons hart dankie te sê.

   Dankie Ds Henning en die kerkraad dat ons vir agt maande in die pastorie kon bly en so ook baie van julle meer persoonlik kon leer ken. Baie dankie ook vir die gemeente se liefde, sagtewoorde, koekies en konfyt. Dit word opreg waardeer.

   Ons het die 16de Oktober vertrek vanaf Suid-Afrika na Garissa in Kenia, waar ons die afgelope 10 jaar gewerk het. Ons sal vir ‘n maand daar wees om vriendskappe af te sluit en nog ‘n paar dingetjies te pak. Die 16de November trek ons dan verder Noord. Hopenlik sal daar reeds ‘n huis in plek wees vir ons.

   Ons sal dan die res van die jaar en waarskynlik die meeste van volgende jaar aan taalskool spandeer.

   Almal van ons is op antibiotika vir een of ander keel gedoente, maar verder gaan dit baie goed. Die Here het voorsien in goedkoop vliegkaartjies.

As jy graag ons e-pos Nuusbrief wil ontvang, stuur asb vir my ‘n e-pos by: jaco@LMKenya.org. Op die manier kan jy op hoogte bly met die doen en late van die Lourense.

Ons is baie lief vir julle en verlang na die lekker kuiers!

Jesus liefde.

Jaco, Heleen, Annelise, Musa en Suané

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Ek en My Huis
Die Groot Opdrag
Plasing No 0051
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *