Hoeveel keer het God jou al geroep om iets te doen?

Van die begin van tyd het God normale mense gebruik om Sy werk te doen. Om mense te leer, boodskappe oor te dra, te beskerm, te verlos van verdrukking, te genees en na redding te lei. Ek is baie seker dit was nie altyd maklik of lekker om God se wil uit te voer nie. Dit kon nie maklik gewees het vir Moses om teen die Farao op te staan nie of om miljoene deur die woestyn te lei nie. Dit kon nie maklik gewees het vir Noag om in gehoorsaamheid ‘n “boot” in ‘n woestynagtige land te bou nie, of vir ‘n jong koning, Josia, wat alle afgodery verniettig het terwyl sy hele land hulle aanbid het.

   Wat sou gebeur het as hulle nie God se wil wou uitvoer nie?

   In vandag se lewe roep God nogsteeds mense om Sy wil te doen maar dit is jou keuse of jy God se Wil uitvoer of nie. Dit is nie altyd maklik of lekker nie, maar daar is ‘n groot beloning wat wag vir die gehoorsames. Het jy al iets gesien wat nie reg lyk nie en dan die gevoel gekry om iets te sê maar dit gaan dalk vir jou of die ander persoon in ‘n ongemaklike posisie plaas en dan bly jy eerder stil?

In 1 Samuel 3 het God vir Samuel geroep en vir hom ‘n boodskap gegee. Dit was ‘n baie moeilike boodskap want God het gesê Hy gaan vir Eli en sy familie straf. Dit moes baie moeilik vir Samuel gewees het, om dit vir Eli te sê. Hou in gedagte Samuel was nog jonk en Eli was sy Rabie (Leermeester).

 Toe God geroep het, het Sameul gesê “Spreek Here want U dienaar luister”. Samuel het hom beskikbaar gestel vir God se werk. God verwag net gehoorsaamheid en uitvoer van Sy Wil. Dit was nie Samuel wat vir Eli getug het nie maar hy moes slegs ‘n boodskap oordra selfs al was dit baie moeilik. Hoeveel keer sê ons vir die Here, gebruik ons maar wanneer die opdrag moeilik is of ons uit ons gemaksone gejaag word, dan vra ons, “Here het ek U reg gehoor” of “ek is seker dit was nie vir my bedoel nie want ek sal nooit so iets kan doen nie”. Dit is altyd lekker om die Here se Wil te doen tensy dit beteken ons moet “effort” insit.

   Toe Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het, het Hy nie gesê die las is te swaar om te dra nie, of Ek sal dit nie kan behartig nie. Ons vergeet ongelukkig van tyd tot tyd wat ons verlossing gekos het.

    Jahwe Rapha (God die Geneeser), vergeef my vir die aantal keer wat ek U stem gehoor het en nie U Wil uitgevoer het nie. Amen.

Liefde Groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos vir die Lewensreis
Woestyn Pad
Persoonlike Geyuienis – Deel 1
Gehoorsaamheid
Saam Geroep Tot Eer van God
Christenskap Is Nie Kinderspeletjies

Plasing 0043

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *