Psalm 121 – Nader tot God en Kyk Op

Tydens enige onsekere en lewensbedrygende situasie wil mense veg, of vlug, of vries. Mense veg terug deur maatreëls in te stel, planne te maak teen die onbekende wat ons nie kan sien nie. Party vlug – vermy enige kontak, trek terug in hul persoonlike ruimte. Party vlug deur ontkenning. Party vries. Weet nie wat hulle moet doen nie. Hulle begin angstig raak in hul onvermoë om te reageer of nie te reageer nie. Ons almal beweeg êrens tussen hierdie drie toestande.

Maar wat nou? Ps 121 v1 Ek kyk op na die Berge, waar sal my hulp vandaan kom?” Een van die belangrikste beginsels in krisis hantering is om op te kyk, sodat jy nuwe insigte kan kry. Beide geestelik en fisies. Kyk op met verwagting: Soos Dawid in P121 – Met die wete dat God sal help. Dawid het opgekyk na die berge en gebid en besef dat sy hulp kom slegs van God af. Hy sal jou en jou lewe beskerm, nou en die ewige lewe! Ons het ‘n verantwoordelikheid om te lewe.

Bid vir God se beskerming en kom jou verantwoordelikheid na. Gen 15 Soos Abram – Met hoop op die toekoms. Abram het niks gehad toe God sê vir Hom: Gen 15 v 5 “Kyk op na die Hemel en tel die sterre, as jy kan” Ons weet nie wat die toekoms inhou nie, maar ons kan opkyk na die sterre en weet dat God gister, vandag en more dieselfde is.
Jos 5:13-15 Kyk op soos Josua – en sien die Hemelse leërskare raak. Josua moes oor die Jordaan trek. Bang vir wat wag. Hy het op gekyk en toe sien hy die aanvoerder van die hemelse leërmag. Kyk op en sien raak dat die Leërmag van engele saam met ons is en veg.

1 Kon 18 vs 42 – 45 Kyk op soos Elia – En moet nie moedeloos raak nie. Dis moeilik om vas te hou aan jou geloof wanneer dit voel of God ons vergeet het. Elia se slaaf moes sewe keer opkyk na die hemel voordat hy die wolkie gesien het. Hierdie situasie kan ons moedeloos maak. Hou aan om met verwagting in die rigting van die see te kyk, totdat jy God se ingryping raaksien in jou persoonlike situasie.

Mat 14:13-21 Kyk op soos Jesus – en Weet dat God sal voorsien. Jesus het net 2 vissies en 5 broodjies gehad vir duisende mense. Maar Jesus het opgekyk na die hemel en gebid en in geloof begin om die brood en die vissies te breek en uit te deel. Ons het nodig om in geloof op te kyk en te weet God sal voorsien in ons fisiese, geestelike en emosionele behoeftes.

Job 42:5 Kyk op soos Job en sien God raak Job het swaarkry, siektes en uitdagings geken. Job het opgekyk en die Here se grootheid gesien. Dit het Job se lewe verander.

Slot: Kyk op na die Hemel en weet God is wakker, Hy sien jou en jou omstandighede raak. Jesus het ook die siekte op Hom gedra aan die kruis. Kyk op en sien die man aan die kruis, waar Hy van God verlate was, sodat ons NOOIT van God verlate sal wees nie. Lees gerus Hebr 13:20-21

Liefde Groete

Henning

Nog Sielskos Vir Die Lewens Pad
Wikkel Jou Tone
Julle Sal Krag Ontvang
Plasing No 0032

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *