You Got The Vision –

You Got The Vision – You Got The Job

Nehemia 1:4-11

God het ons elkeen met ‘n doel geskep om in Sy koninkryk te werk. Wanneer ons kyk na Serubabel, Esra en Nehemia, is dit duidelik dat God ons as mense roep om Sy koninkryk op aarde te bou, te reinig en te versterk.

.

Hoe werk dit as God jou roep?

Esra 1:5: “God gee in jou die begeerte om die taak uit te voer.”

God rus jou toe Esra 7:6,10

Nehemia 1:4-15: Wanneer in gebed tot God, word mens bewus van jou opdrag.

Jou opdrag

Elkeen van die drie manne het ‘n ander opdrag gehad, die opdragte het saam daartoe gelei dat Jerusalem se tempel herbou is, dat die Israeliete weer die erns van ‘n verhouding met God beleef en dat die stad se mure herbou is.

Ek moet nooit die belangrikheid van my opdrag onderskat nie

Hoe gaan ek dit regkry?

Vertrou op God.

Gees sal jou alles leer (Joh 14:26)

Gebed (Jak 1:5 – Wysheid kortkom, bid dit dan van God af. Hy sal dit vir jou gee)

Betrek ander met soortgelyke roepings om jou te help.

Hoe weet ek dis die regte besluit? (Vra vir vrede wat alle verstand te bowe gaan) (Fil 4:7)

Teenkanting

Jy sal teenkanting uit verskei oorde ervaar.

Mense, (Serubabel, Esra en Nehemia het mense gehad wat hulle probeer keer het om die werk te doen.)

Satan self (Jesus is deur Satan versoek)

Omstandigheide, (Ryk Jong man Matt 19:16ev)

Hulpmiddele, (Ersa en Nehemia het God alles voorsien wat nodig was vir hulle opdrag)

Ekself ( My eie vrese en selfbeeld. Ek kan nie dit doen nie – Bv Moses)

   As dit ‘n opdrag van God is, sal Hy jou toerus en help om dit uit te voer.

Fil 1:6 Hy wat die goeie werk in ons begin het sal dit voluit voer tot aan die einde!

Gehoorsaamheid

God vra vertroue en gehoorsaamheid.

Joel 2:11 “Die wat die Here se bevel uitvoer is sterk!”

Mat 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: “Here, Here”  sal in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie, maar net hy wat die WIL doen van my Vader …”

Joh 20:21  Ons is gestuurdes deur die Vader – Soos wat Jesus ‘n gestuurde was. Hy sal ons die krag gee om ons opdrag uit te voer (Hand 1:8)

Wat is jou opdrag in Mindalore?  Begin dadelik om dit te doen.

Liefde groete

Henning

Sien Ook
Glo En Doen
Dis Jou Beurt
Doen Wat Ek Jou Vra
Plasing No 0196

Foto Danksy Sharon MCCutcheon

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *