90 Dae van Gebed vir Suid Afrika – Dag 30

‘n Oproep tot aksie

90 dae van gebed vir Suid Afrika


Vandag is dag 30 van 90 Dae van Gebed vir Suid Afrika
Dit is ook Stil Saterdag. Die dag van nedenke, van refleksie.
Vandag se gebed kom van Bruce Andrew

MY GEBED VIR SUID AFRIKA


Almagtige Vader, Geduldig met ons en vol Genade. Hoe is dit dat U nog so Lief is vir ons?
Na gister se gebeure is die uitsig maar bleek. Ons, ons almal, ek, was daar.
Ons was die skare wat U seun dood gemaak het
Vandag is ek weer hier, by die kruis.
Daar staan n Soldaat. Hy sê niks. Knik net sy kop. Hy lyk bekend.
Hy is die een wat gesê het “Hierdie man was werklik onskuldig.”

Ek het gedink
“Ons, ek, het geen verskoning. En nou, geen Koning.
En nou Here? Wat nou? Wat gaan van ons word?”
En U het my geantwoord
“Wees stil en weet ek is die Heer,
Wees stil en sien die golwe bedaar,
Wees stil en weet ek sal jou bewaar,
Wees stil en weet ek is die Heer”

Ons wag dan Vader, in stilte.

Bruce Andrew


  My gebed vir Suid Afrika
My prayer for South Africa
Lees die gebede van dae 1 tot 10
Lees die gebede van dae 11 tot 20
Lees die gebede van dae 21 tot 30
Ondersteun Hierdie Aksie
Plasing No 0433

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *