Gebed Deel 2 -Fokuspunte 5 – 6

In Oktobe 2011 het ons die eerste drie fokuspunte bespreek. Dié Deel was weer geplaas op 16 Maart 2024. Vandag, in Deel 2, kyk ons na die volgende drie fokuspunte. 5 – 6
Deel 3 en Deel 4 sal in die volgende dae weer geplaas word

FOKUSPUNT 4

Die kerk is die gemeenskap van die gelowiges en moet in eenheid funksioneer.
Verdeeldheid in die kerk bring verdeeldheid in ons verhouding met Christus wat die Hoof van die Kerk is!

A) Bid vir Mindalore

1)Dat ons werklik Huise van Gebed sal wees (Jes.56:7, Mat.21:13).
2)Dat ons die Sendingopdrag sal gehoorsaam (Mat.28:18-20).
3)Dat ons die Grootste gebod sal nakom (Mat.22:37-40).
4)Bid vir geetelike herlewing in die gemeente (Efes.1:17-23, Eseg.37).
5)Bid dat ons `n kerk sal wees wat getrou is aan die Woord (2Tim.3:1-17)
6)Bid vir leiers van ons gemeente, dat hulle getrou en volhardend hul roeping sal vervul (1Thes.5:12, 2Thes.3:1, 1Tim.5:17, 2Tim.2:15)

B) Bid vir elke kerk in ons omgewing

1) Sodat ons almal as liggaam van Christus sal funksioneer (1 Kor 12)
2) Bid vir elke Leraar, Pastoor of Predikant vir ’n lewende verhouding met Jesus!

FOKUSPUNT 5

Om God se eer te soek deur te vra vir “ons daaglikse brood” en te bid vir jou persoonlike behoeftes.

Mense het 5 basiese behoeftes:
Fisies,
Emosioneel,
Geestelik,
Sosiaal, en
Intelektueel.
God wil in elkeen van die behoeftes voorsien. Vra God met vrymoedigheid vir jou behoeftes.
Lees: Mat.7:7-12, 6:31-33, 6:19-21, 6:7-8, 5:3. Jes 41:13 – 16

FOKUSPUNT 6

Om God te eer deur na Hom te luister en fyn op te let wat Hy wil bekendmaak.

Lees: Joh.8:47, 16:13-14, 1Samuel 3:10, Jes.42:8-9, Ps.25:4-5.

Vra die Here om dinge aan jou bekend te maak wat Hy nodig ag vir jou en ander om te weet, dinge waarna jy moet oplet en waaraan jy moet aandag gee en voor moet bid.
God wys ook Sy planne aan sy kinders vir Sy kerk, of die land. Skryf in `n joernaal oor wat jy aanvoel Hy vir jou sê.

Gebed Deel 1
Gebed Deel 3
Gebed Deel 4
Gebed is ‘n gesprek met God
90 Dae van Gebed vir Suid Afrika


Plasing No 0025

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *