Bostik en Sellotape

Mindalore se Vroue speel lekker saam

Saterdag, 21 Julie, 2012 het die vroue bymekaargekom vir hul kwartaalikse byeenkoms.  Ons moes met hartseer verneem dat Lorinda as voorsitter bedank, maar gun haar die tyd saam met haar nuwe gesin.  Lorinda, jy het diep in ons harte gekruip en sal altyd spesiaal wees vir ons.  Jy en jou gesin sal in ons gebede bly.

   Tydens die kwartaal se byeenkoms is daar met groot entoesiasme geverf en geplak.  Ek verstom my keer op keer aan almal se kreatiwiteit en die eindprodukte was goed genoeg om op enige kunsmark te verkoop.  Elkeen het met trots haar eindproduk huistoe  geneem.  Ek hoor sommige mans wou nie glo dat hulle beste helftes so kreatief kan wees nie.  Selfs die jongelinge het dit geniet en wou nie ophou “speel” nie.  Verskeie items is gemaak,van resepteboek oortreksel, Scrapbook albums en muurbehangsels.

  Ons dank ons Hemelse Vader vir die talente wat Hy aan ons gee.  Laat ons die altyd gebruik tot eer van Hom.  

Alta Fourie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Opkomende Geleenthede
Jeug Leiers gaan terug skool toe
Leesrooster Junie 2021
Plasing No 0153
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *