Casting Crown Konsert

27 JUNIE 2014

Weke se wag het uiteindelik aangebreek op 27 Junie en het ons as ‘n groepie van No-Limits met groot opgewondenheid vertrek na die Casting Crowns konsert by die Rhema Kerk in Randburg. Duisende mense saam, almal met een doel voor oë, dat hulle daar is om Jesus Christus te kom aanbid tydens ‘n “awesome” lofprysings geleentheid gelei deur Casting Crowns. 

Hier is ons ervaring van die aand:

Elrina Marais “Dit was regtig baie lekker.  Dit was heeltemal iets anders wat ek verwag het.  Sal graag weer na hulle wil gaan kyk.  Dit was “awesome.”

Antoinette Kleynhans “Casting Crowns was vir my ‘n positiewe belewenis.  Nie alleen is ek dol oor hul musiek wat Skrifgefundeerd is nie, maar vir hul gaan dit oor die liggaam van Christus en tot eer van Sy Naam.  Ek het nog nooit op so ‘n “lekker” manier Geestelike oorlogvoering beleef nie.  Hul moedig werklik mense deur Woord, daad en musiek aan om uit Sy oorwinningskrag te put.”

Donovan Dit was ‘n “amazing” ervaring.  Ek het ‘n kerkdiens en ‘n konsert in een ervaar.  Dit het my siening van God ook vermeerder en was ongelooflik net om daar te kon wees.”

Ansie Erasmus “Wat ‘n voorreg om Casting Crowns by te kon woon, om duisende mense bymekaar te wees om ons Almagtige Vader met Lofprysing te dien:  “Who am I, Glorious” en vele meer, ek was van vooraf weer met Sy Lewende water gevul.  Onbeskryflik!”

Ruben Erasmus “Casting Crowns” was “awesome”, dit was lekker om saam met +- 3000 mense die Here te dien met lekker opgewekte sang.”

Belinda Erasmus “Wat vir my die meeste uitgestaan het was dat hierdie mense doodgewone mense is, soos ek en jy, en die Here hulle op hierdie manier gebruik.  Hulle het geluister en gedoen wat die Here van hulle verwag het.  Hulle het nie geweet wat gaan vorentoe gebeur in hulle lewens nie, maar hulle was bereid om te luister en te doen.  God sal niks op jou pad stuur wat jy nie kan hanteer nie.   Dankie vir almal wat die geleentheid moontlik gemaak het.”

Anne-Marie Scheepers: “We were made to more than just survive, we were made to thrive.  Joy unspeakable, Faith unsinkable, love unstoppable, anything is possible! ”

Foto Danksy PLG Press, CC BY-S 3.0 Oorspronklike Foto

Hoe Lyk Jou Psalm?
Psalm Min Twee
Psalm Min Een
Vier Fees Elke Dag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *