Kinders dink anders – of nie? – Deel 2

Deel 2 in ‘n reeks van 4

Julle sal onthou dat die kinders was gevra om hulle gunsteling bybel vers uit te skryf en saam kamp toe te neem. Hier langs my is ‘n hoop papier, vol Prestik, ‘n helder groene, , helder oranje, een gelamineerd, meeste A4, ander kleiner en almal onderste bo. Maak vir ons koffie en kom, sit langs my en ons draai hulle om een vir een en sien ons waar kom ons uit.

Eers het ek gedink die kind was Matthew, maar dis nog ‘n engelse teks uit Matthew7:1 Do Not Judge.” en bietjie af die papier skryf hy sy kommentaar “Do not judge so that you won’t be judged” in dis eintlik wat die vers sê.

Jané het groot en vet geskryf uit 1 Johannes 4:16 “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.
God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom”
En daarby sê sy Ek het altyd liefde in my hart daarom weet ek God is altyd in my hart

Op ‘n klein stuk papier kom hierdie bekende vers uit 1Kor 13:7 “Dit bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles”

Filippense 4:13 is gekies deur een van die kinders “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” sn dit beten vir my dat niks is onmoontlik nie en niks is buite my bereik nie.

Kyk die leeu uit die stam van Juda, die afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal” Openbaring 5:5 en die anonieme kind skryf verder – Alles wat ek in lewe deurmaak of aanpak sal ek oorwinning behaal deur God wat my krag gee.

‘n Ander kind het verder gegaan as een vers en sê dat Openbaring 16: 1- 21 is sy/haar gunsteling. Dit is die hele hoofstuk wat eindig op ‘n verskriklige nota. Open 16:21 “Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar, het van die hemel af op die mense geval. En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag verskriklik groot was”.

 

En nog ‘n naamlose kind skryf dat die gunsteling is Spreuke 11:28 “Wie op rykdom staatmaak kom tot ‘n val, Wie reg doen floreer soos groen blare op ‘n boom.”

 

Kinders dink anders – of nie – Deel 1
Kinders dink anders – of nie – Deel 3
Kinders dink anders – of nie – Deel 4
Plasing No 0110

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *