Lewende Brood Fees

Die Diakens van Mindalore het ‘n paar jaar gelede besluit dat ons Pinkster op ‘n besondere manier moet vier.  Hierdie besluit het geboorte gegee aan die Lewende Brood Fees.

Met hierdie fees word ons herinner aan Jesus se woorde in Johannes 6:33-58. Jesus is die Lewende brood en ons moet hierdie  Lewende Brood eet sodat ons geestelik versadig kan word en kan uitgaan om vir ander van die Lewende Brood te vertel.

Die saal was baie mooi versier met al die lekker brode, konfyte, brood geregte en allerhande lekkernye. Ons almal het lekker saam ge-eet en gekuier en so word die suurdeeg van die Heilige Gees in ons harte ingewerk en dit veroorsaak dat ons geloof in mekaar en in God rys. Wanneer ons dan deur die lewe self gebak word, word ons net meer bruikbaar vir God om mense om ons se geestelike honger te voed deur hulle bekend te stel aan die

Brood van die Ewige Lewe.

  Baie dankie vir almal wat lekker eetgoed vir die dag gebring het en ook die diakens vir al die reëlings. Ons het baie lekker saam gekuier. 

Ander Mooi Mindalore Tye
As Gebou van God Vier Ons Die Nagmaal
Dissipline
Geloofsvolharding – deel 4
Hoe Lyk Jou Psalm?
Psalm Min Een
Psalm Min Twee
Plasing No 0288

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *