Skittervroue hou dag van Pamperlang

Die NG Mindalore se vroue groep – “Die Skittervroue” hou ‘n heerlike pamperlang oggend.
Op Saterdag 16 April 2021 het die Skittervroue in die Kerksaal bymekaar gekom vir ‘n lekker kuier en pamperlang oggend. Elke dame het hul eie “sugar scrubs” vir hul hande, “salt scrubs” vir voete en hawermeel gesig maskers gemaak.

René het die olies uitgemeet vir almal om hul pamperlang produkte te maak. Die dames kon ook van die verskillende essensiële olies kies om die “scrubs” se geur en doel te versterk.

Die dames kon ook gesondheidsprodukte aankoop naamlik: Amelia se Annique, Reukwater van Chantelle en Rene se essensiële olies en tuisgemaakte, mikrogolf sakkies.

Almal het die ontspanne dag van saam wees en lekker kuier baie geniet.

René Kleynhans – Sameroeper

Sien ook
Pinkster 2021
Plasing No 0011

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *