Wie Is Jou Held?

My liewe Boeties en Sussies
Ek kyk nou die dag ‘n kinderstorie waarin die held die volgende woorde gebruik: “ ‘n Held is nie iemand met krag nie, maar is iemand in jou hart.”  Die stories wat ons van sporthelde hoor het my ook laat dink.

   Ons het net een held en dit is Jesus Christus. Hy het ALLES vir ons gedoen en AL ons sondes op Hom geneem.  Daar is egter ‘n verskil. Hy kom in ons harte en neem beheer oor ons lewens en deur Sy krag kan ons leef. Die Woord leer ons ook om nie op mense te vertrou nie maar op God. 

Psalm 146 v 3 “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ‘n mens nie; hy kan jou nie red nie.”  

Jesus Christus is ons Bron van krag.   Romeine 15 v 13 : “ Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die heilige Gees.”

My boeties en sussies besef asseblief dat dieselfde krag waarmee Jesus die dood oorwin het ook binne jou bly.

Efesiërs 1 v 19 – 20 : “… en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.

God het JOU gemaak met ‘n doel!

Efesiërs 2 v 10 : “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

My boetie en sussie gee jou lewe en jou hart aan God oor . Helmut Thielicke sê : “God maak ons lewe heel, ons moet net al die stukke aan Hom oorhandig.”

Lekker oorhandig

Groete 

Duimpie

Sien Ook
Geloof van ‘n Kind
Wie is jou SuperHero?
Die God van die Onmoontlike
Jeugkamp 2013
Plasing No 0182

Foto Danksy Moerschy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *