Jairus en Jesus

Geloof en Perfekte Tydsberekening

In Jesus se tyd moes al die Joodse Rabie’s die Ou-Testamentiese wette leef en onderhou. En ons praat nie net van die Tien gebooie nie, maar van oor die ses honderd wette.  Een van die wette was dat ‘n Rabie glad nie in ‘n begraafplaas mag ingaan, of selfs in ‘n huis waar daar ‘n dooie mens was. Hy kon ook nie aan ‘n lyk raak, tensy hulle in die publiek as onrein verklaar is. Hierdie wette was streng gevolg en oortreding kon selfs tot die dood lei. 

In Markus 5 het Jairus na Jesus toe gekom en vir Hom gevra of Hy nie asseblief Sy hande op sy dogtertjie wil kom lê nie want sy is ernstig siek. Oppad na Jairus se huis toe het ‘n vrou wat al 12 jaar aan bloed vloei ly aan Jesus se kleed gevat en was dadelik genees.
Jesus het gestop en gevra “Wie het aan My Kleed geraak”.(Mar 5:30)

Sy dissipels het gesê daar was baie mense wat om hulle saamdrom, so dit kom enige iemand gewees het, maar Jesus het gestop en weer het Hy gevra sodat almal Hom kon hoor en die vrou het na voorskyn gekom. Jesus het ‘n punt daarvan gemaak dat almal wat by hom was gesien het dat ‘n “onrein vrou” (in daardie tyd was ‘n vrou met bloedvloei onrein verklaar) aan Hom geraak het en dus is Hy (Jesus), nou in die publiek, voor getuie, onrein verklaar. Ek is seker Jairus het gewonder hoekom Jesus “tyd mors” om uit te vind wie aan hom geraak het, terwyl sy dogtertjie op sterwe lê. Jesus U vat te lank! Wat van my dogter?

 Terwyl Jesus met die vrou praat kom die boodskap dat Jairus se dogtertjie gesterf het.
Jesus het nogtans na sy huis gegaan, as Hy nie in die publiek onrein verklaar was nie sou Hy nie volgens die wette in Jairus se huis kon ingaan nie.
Hy het die dogtertjie se hand geneem en vir haar gesê staan op.

 Het hierdie gebeurtenisse enige relevansie tot mekaar of was dit maar toeval?….

 Jesus het geweet dat Jairus se dogtertjie sou sterf en volgens die ou wette Hy nie in sy huis kon ingaan nie en dan nie eers te praat van hande oplê nie, tensy Hy onrein verklaar was. So, die Heilige Gees het dit op die vrou se hart gedruk om na Jesus toe te gaan vir genesing. Sy is genees en daardeur was Jesus onrein verklaar wat gemaak het dat Hy Sy hande op die dogtertjie kon lê.

God weet wat Hy vir jou beplan en wat nodig is om dit te laat geskied.

Is daar dinge wat op die oomblik besig is om te gebeur wat lyk of dit jou “onrein” gaan maak of net toevallig is? Is God nie dalk besig om dinge in plek te sit sodat jy ook “uit die dood” opgewek kan word nie?

Aanvaar niks as toevallig nie, want God is in beheer en het alles fyn beplan.

Liefde Groete,   

Die Ontdekker.

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Tien jaar saam met Mindalore
Geloof in Aksie
God van die Onmoontlike
Nuwe Plasings

Plasing No 0114

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *