Die Emmaus Pad

In Lukas 24 vanaf vers 13 het Jesus aan die twee manne verskyn wat oppad was na die dorpie Emmaus. Hulle het Hom nie herken nie want Jesus was in die Gees weg gesteek van hulle oë af. Jesus het met hulle begin praat en die manne het vir Hom vertel hoekom hulle só ontsteld en somber is. Hou ingedagte die mense het gehoop dat die “profeet Jesus” die een sal wees wat Israel sal verlos. Al die dinge wat hulle gesien en gehoor het van dié Man wat magtig in woord en daad was het hulle soveel hoop gegee maar nou is Jesus dood en alle hoop is verlore en verder het hulle die oggend stories gehoor dat Jesus se liggaam weg is. Is dit nie genoeg dat ons (menslike) verlosser dood is nie, maar nou dit ook nog en die vroue praat van opstaan uit die dood?

Ek probeer my in hierdie twee manne se skoene plaas en al wat ek voel is ‘n algehele en totale moedeloosheid en depressie. Dit moes werklik vir hulle gevoel het of alles waarop hulle gehoop en gebid het verlore is. Wat nou? Ek het gedink God sal ons gebede verhoor.

Maar toe kom die omkeer. Die Man begin vir hulle verduidelik hoekom hierdie dinge moes gebeur het (dit was God se Wil) en verduidelik vir hulle wat al die skrifte beteken, en hoe dit alles verwys het na wat nou gebeur het. Die manne se harte het “warm” geword, want hulle het begin verstaan.

Eers daarna het Jesus Hom aan hulle bekend gemaak.

Ek is seker dat die seer in hulle harte met blydskap gevul was, want direk daarna het die manne terug Jerusalem toe gehaas om die ander te gaan vertel.  

   Reg deur die Bybel het God sy mense gebruik om Sy Wil te doen en Hy doen dit vandag nog. Jesus het aan die twee manne verskyn as ‘n vreemdeling, en tog het Hy deur die woorde vertroosting gebring.

As jy hierdie nuwe jaar moedeloos of verlore voel kyk rond, want jy weet nooit wanneer Jesus aan jou gaan verskyn in ‘n vreemdeling of in iemand wat jy ken nie.

 God se Wil vir ons lewe is nie om hartseer te wees nie maar “in Sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.” Luk 24:47

   Mag 2012 vir u ‘n Geseënde jaar wees waarin Jesus Hom aan u sal openbaar en u Hom sal herken.

Liefde Groete

Die Ontdekker

Nog Sielskos vir die Lewenspad
Jeug – Belydenis Groep 2021
Gebeds Uur – Deel een
Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Think Different
Job
Hoop? Wat is Hoop?

Plasing No 0087

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *