Gemeente Ete – 2014

Ons kuier saam met Talita – Junie 2014

Mindalore se dames het besluit dat dit tyd is vir ‘n lekker formele dinee waar die manne saam kan kuier! Met die heerlikste drie gang maaltyd het almal lekker saam gekuier op 8 Junie. Dankie aan Ina van “Home Chef” vir die voorbereiding van die kos.Talita was die gaskunstenaar van die aand en het die gaste vermaak met ’n musiek program oor die lewensreis van verhoudings.

Met haar pragtige stem en vriendelikheid was dit lekker om te kon ontspan en net die aand saam met vriende en familie te geniet.

Daar is 2 eienskappe van Mindalore wat altyd uitstaan, eerste is dat ons in Mindalore hou van kuier en die tweede een is dat ons hou van lekker eet.  Die Vrouelidmate het dit met hierdie dinee reg gekry om beide hierdie eienskappe van Mindalore te kombineer in ‘n onvergeetlike lekker aand! Baie dankie vir almal wat betrokke was by die sukses van die aand, spesiaal aan die bestuur van die Vroue Lidmate en die gasvrouens wat ingestaan het om mense bymekaar te kry.  Ons maak gou wees so!

Ander Feesvierings
Feesviering – 42 Jaar
The Master’s Touch – Skitter vroue Tee
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2014
Mindalore sluit haar 40e Feesjaar af met ‘n Dinee vir ’n Koning
Plasing No 0287


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *