Juig En Wees Bly

Sjoe ek kan nie glo dis al Desember nie! Die tyd het beslis aangestap. As ek die mense so kyk kan ek beslis sien dat dit die einde van die jaar is. Dis veronderstel om ‘n opgewonde, dankbare tyd van die jaar te wees, maar o wee… dit lyk beslis nie so nie. Mense lyk nors en afgemat.

 Ek kan nie help as om aan Psalm 118 te dink nie. Besef ons elke dag is ‘n gawe uit God se hand? Weet jy dat Hy elke dag kragtige dade doen? Nie net in ander se lewens nie, maar ook in my en jou lewens. Daar gaan nie ‘n dag om wat God nie Sy liefde aan ons bewys nie. 

Psalm 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. 27 Die Here is God; Hy skenk ons die lewe. Begin die fees! Wuif met takke. Gaan tot by die horings van die altaar. “

Ja, prys God en dank Hom vir die dag aan jou gegee. Die oorwinning is behaal. Jesus Christus Seun van die almagtige God het vir my en jou aan die kruis gesterf. Meer nog Hy het satan oorwin deur die dood te oorwin . Hy is nie opgewek nie; nee, Hy het opgestaan! Hy het aan sy dissipels verskyn en aan hulle gesê in Johannes 20:19b “Vrede vir julle! 21 Vrede vir julle! Sê Hy weer vir hulle. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek ook julle.

My liewe boeties en sussies gaan hierdie feesgety in as vredemakers. Dra die vrede wat jul van God ontvang het aan die wêreld uit. Leef in die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Leef voluit elke God gegewe dag.

 Romeine 12:18 “As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

   Here God van liefde ons gee elke dag en alles daarin vir U. Hierdie dag is deur U gemaak en ons wil  daaroor bly wees. Aan U liefde is daar geen einde nie. Help ons om vredemakers te wees.

   Vrede vir julle en ‘n vreugdevolle Christusfees.

   Groete

Duimpie.

Nog Sielskos vir Die Lewensreis
Ek Wil Die Here Loof
Nuwe Jaar – Nuwe Paaie
Die Emmaus Pad
Anderkant Die Blou Berge
Think Different
Psalms – 9 Maniere van Aanbidding en Lofprysing
Iets Baie Besonders
Plasing No 0239

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *