Watse geskenke koop ek die kersfees?

   Alles raak so duur maar tog wil ek hulle bederf. Verlede jaar het hulle vir my ’n groot geskenk gegee so ek kan nie die jaar weer die selfde ou dingetjie koop nie en die winkels gaan so besig wees so ek sal dit mooi moet beplan, miskien in my “lunch uur by die werk weg glip”

   Sodra jy iemand vra wat die ware betekenis van Kersfees is, antwoord hulle sonder om te dink “dis die herdenking van Jesus se geboorte” – fantasties, die Sondagskool oomies het julle mooi geleer. Maar hoeveel mense leef dit werklik? Ons sê so gou Kersfees gaan oor Jesus, maar gee hierdie jaar nie geskenke nie en dan praat ons weer.

   Net vir een oomblik probeer indink hoe lewe sou wees sonder Jesus. God het aan ons die grootste Liefde’s geskenk gegee en dit is lewe. Vryspraak van die dood en Lewe. God het geweet dat ons as mense so sondig is dat ons net die dood verdien maar uit Sy liefde vir Sy kinders het Hy die enigste geskenk gegee wat saak maak. Die wêreld probeer ons so besig hou dat ons nie God se geskenk kan raak sien nie.

   Randy Lindgren (’n Amerikaanse pastoor) het geskryf “Satan’s one goal is to separate us from our relationship with Jesus. Unfortunately, he can do that if we let him. Of course, the key to this statement is — if we let him.”

   Kersfees tyd is seker die beste manier om ongelowiges te bereik. Of hulle glo of nie almal hou van Kersfees so hulle harte is oop en Jesus het aan ons die opdrag gegee om die Goeie nuus te verkondig.   Kom ons maak hierdie jaar Kersfees ’n fees wat nie oor menslike selfsug gaan nie maar werklik oor die Groot geskenk wat God vrylik vir almal gegee het.

   Ek wens elke persoon ’n baie geseënde Jesus Christus fees toe. Mag u werklik God se Liefde ervaar en die grootste geskenk met alby hande aangryp.

Liefde Groete, 

Die Ontdekker.

Nog Sielskos vir Die Lewensreis
Woestyn Pad
Leer Om Op God Te Vertrou
Koringkorrels
Persoonlike Getuienis – Deel Twee
Selfbeheersing – 2
Wie is Jou Held
Die Groot Opdrag
Plasing No 0238

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *