Ek, Sowel As My Huis, Sal God Dien

Josua 24:15 is die Jaartema wat deur die gemeente gekies verlede jaar.  Hierdie jaar bring dit die verantwoordelikheid van waarvoor ons gekies het. Josua het die volk voor ‘n keuse gestel en gesê: “Kies dan vandag wie julle wil dien. Ek, en my familie, sal die Here dien:”

HOE LYK JOU SAAK MET GOD? 

Het jy al jou hart aan God oorgegee? Is jy ‘n wedergebore kind van God? Jy kan nie hierdie belofte maak as jou saak met God nie reg is nie.  Jy kan nie vir of namens jou familie besluit as jy nie ‘n keuse vir God gemaak het nie.

WAT MOET IN JOU LEWE VERANDER?

Wat is daar in jou lewe wat jy weet verkeerd is, hou op om daaroor te top. Neem ‘n wilsbesluit en doen iets daaromtrent.  As jy vir God kies het jy ‘n verantwoordelikheid om te verander.  God sê wees Heilig want Ek is heilig.

Breek met dit wat verkeerd is. Dis jou keuse en 2 Tim1:7 God het vir ons ‘n gees van krag, liefde en Selfbeheersing gegee!  Sy Gees staan ons in ons swakheid by (Rom 8:26).

HOE LYK JOU SAAK MET MENSE OM JOU.

Jou keuse om God te dien raak almal om jou.  Daarom, om God te dien, gaan dinge in jou gesin verander, nie omdat ander verander het nie, maar omdat jy die keuse maak om te verander. Wanneer jy enige iets doen, dink eers daaroor en vra of God tevrede sal wees met jou optrede of jou besluit. As jy oortuig is dat dit wat jy nou gaan doen, vir God aanvaarbaar en reg is, gaan voort en doen dit.

MATERIËLE DINGE?

Is Jy bereid om God te dien met jou finansies?
Met jou tyd?
Met jou energie en krag?

MY FAMILIE SAL GOD DIEN

Wanneer ‘n familie God dien, kom daar “accountability” Verantwoordelikheid vir mekaar. Dan het ek die verantwoordelikheid om jou te help met jou geloofspad en jy het die verantwoordelikheid om my te help. Om as familie God te dien vra van ons om saam te bid, saam Bybel te lees, Dinge in ons gesin in te bou wat ons geloof versterk.

GEESTELIKE OORLOG

Dit is baie duidelik dat huwelike en gesinne geestelik aangeval word. ‘n Familie wat kies om God te dien, sal aangeval word, maar sal in staat wees om die aanvalle teen te staan omdat hulle ‘n eenheid is en saamstem oor hul verhouding met God.

GAWES VAN DIE GEES EN VRUG VAN DIE GEES

‘n Gesin wat kies om God te dien sal geseën word met die Gawes van die gees, en die vrug van die Gees sal duidelik sigbaar wees. Lees gerus Fil 3:17-20, Jak 4:4-10 en 2 Kor 6 14-18 oor die gevolge van die keuse om God te dien.

Fil 3:17-20 17Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel. 18Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. 19Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. 20Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.”,

Jakobus 4:4-10,  “ 4Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is. 5 Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” 7Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. 10Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”

2 Kor 6:14-18 14Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap
wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? 15Hoe kan daar
eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan ‘n gelowige dieselfde belange hê as ‘n ongelowige? 16Hoe kan ‘n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het:

“Ek sal onder hulle woon en wandel,
en Ek sal hulle God wees
en hulle sal my volk wees.”
17”Daarom, Gaan van hulle af weg
en sonder julle af,” sê die Here,
“en moenie wat onrein is, aanraak nie.”
“Dan sal Ek julle aanneem,
18en Ek sal vir julle ‘n Vader wees,
en julle sal vir My seuns en dogters wees,”
sé die Here, die Almagtige”

Henning
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Einde van Alles
Om God as Familie te dien
Selfbeheersing – 2
God Hou Sy Woord en Beloftes
Wie is Jou Held
Kyk Ek Staan BY Die Deur En Klop
Iets Baie Besonders
Dis Harde Werk
Plasing No 0262

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *