Vergifnis

Weet julle ons bid so graag die ” Die Onse Vader ” maar besef ons werklik wat dit beteken as ons bid
“Vergeef ons ons sondes net soos ons die vergewe wat teen ons sondig.” Ons is so geneig om as iemand iets teen ons gedoen het sommer net te sê: “Hy sal teruggekry word oor wat hy of sy teenoor my gedoen word.” Selfs as ons sê “Die wiel draai.” beteken dit dat ons onvergewensgesind is.

 Moet asseblief nie toelaat dat onvergewensgesindheid en bitterheid julle beroof van die lewe in oorvloed wat God ons beloof nie. In my lewe het ek selde ooit ondervind dat onvergifnis en bitterheid nie hand aan hand gaan nie.
2 Korintiërs 2 v 7-8 : “Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.”

Ja, mense doen lelike onverklaarbare dinge aan mekaar, maar wie beter as Paulus om ons te leer wat vergifnis is nie. Dis hy wat die brief aan die Korintiërs geskryf het. Hy wat getuie was toe Stefanus (eerste martelaar vir Christus waarvan ons in die Bybel lees) gestenig is. Hy wat soveel keer in die gevangenis gestop en vervolg was nadat hy tot bekering gekom het. Dis oorwinning. Jy kan nie wen as jy nie kan vergewe nie! Vergifnis maak jou vry.
Jy moet die persoon vergewe.
Jy moet jouself vergewe, en
Jy moet God vergewe.
Ons vra baie hoekom laat God dinge toe? Die antwoord het ek nie. Ek kan aan baie goed dink, maar die hoof saak vir my bly VERGIFNIS. Mense besef nie altyd wat hulle aan ons doen nie. Weet jy, Jesus gee vir ons so duidelik die antwoord aan die kruis met die kruiswoord “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hul doen nie.”

   Ja, ons moet ons vyand lief hê en die sonde haat. Ons moet mense vergeef sodat ons vry kan wees. Vry soos vetgemaakte kalwers soos in Maleagi 4 v 2b – “Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.”
Galasiërs 5 v 13 – “Julle broers, julle is tot vryheid geroep. Moet nie julle vryheid misbruik om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. “

Vergewe en gee so uitvoering aan die wet van God.
Jy moet jou naaste lief hê soos jouself.

Lekker bokspring!

Groete,  
Duimpie

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Christenskap is nie kinderspeletjies nie
Kalahari Gebed
Think Different
Nuwe Plasings

Plasing No 0106

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *