Gefokusde Gebed

GEBEDS VOLGORDE VAN LAND, REGEERDERS, NAASTE, FAMILIE en LAASTENS – SELF

Gebed is die inhoud van die kommunikasie kanaal tussen God Drie Enig onderling en tussen die Drie Enige God en die mens waardeur energie vrykom om die wil van God uit te voer, met die doel om God onophoudelik te verheerlik. Daarom is gefokusde gebed God gesentreerd en nie selfgesentreerd nie en begin die gebed by God

EERSTE GOD

Wanneer ons begin by God, loof en aanbid ons God vir Sy eienskappe en Sy werk in ons lewe. Ons dank Hom vir Sy goedheid, getrouheid en goedertierenheid. Met aanbidding tot God gee ons aan Hom die glorie.  Hy is die Enigste een wat verdien om verheerlik te word. Ons God is ‘n Jaloerse God en is nie bereid om Sy verheerliking te deel nie.  Kyk maar dwarsdeur die Bybel hoe God gereeld die mense waarsku dat hulle slegs vir Hom en geen ander gode mag aanbid nie.  (Jes 42:8)
Ons Loof en Prys God.  Ps 100
Verheerlik God.  Num 24:16
Ons vra dat die wil van God sal geskied (1 Joh 3:22, 1 Joh 5:14,15)
Erken Sy heiligheid. Openb 4:8

REGEERDERS

1 Tim 2:1-6. is ’n opdrag om vir Regeerders te bid, sodat ons ‘n rustige lewe kan hê.
Land: Ons moet bid vir mense in Gesagsposisies, ons Land se Regering van die dag, parlement, Burgermeester en die Stadsraad.
Kerk: Moderatuur, Leraars, Kerkraadslede, Jeugleiers,
Skool: Onderwysers, Skoolhoof, afrigters en ander personeel
Werk:  Werkgewer, jou baas’ mense onder jou.

NAASTE

Almal wat God vandag op jou pad bring is jou naaste en het gebed nodig.
Joh 17:6 – 26: Jesus het vir ons, Sy naaste, ingetree by die Vader.
Dra mekaar se laste Gal 6:2     
Bely sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar Jak 5:16,17
Geestelike volwassenheid 2 Kor 13:9
Dank God vir mede gelowiges Kol 1:3
Vervulling met die Gees Kol 1:9
1 Tess 5:25 Broers bid vir ons.
2 Tess 1:11 Bid vir mekaar se roepings.
Hebr. 13:18 Bid vir skoon gewete en vir verhouding met God

FAMILIE

 “A Family that Prays together, Stays together” Dit is belangrik dat ons vir ons familie moet bid en saam met ons familie moet bid.
Ons moet bid vir ons Lewensmaat, of as jy ongetroud is vra vir die regte lewensmaat. Ons moet bid vir ons kinders, ons ouers, broers, susters en almal wat deel vorm van jou gesin.

SELF

Die laaste om voor te bid is vir jouself.  Wanneer ‘n kind van God by God begin, is jou gedagtes op God en Sy wil gerig, wanneer jy by jouself begin, is jou gedagtes op jou behoeftes gerig.
Fasette van gebed vir jouself sluit in bekering waar jy jou lewe volkome oorgee aan God,
Belydenis van jou sondes en die vra van vergifnis (Mat 6), beskerming teen versoeking, Fisiese behoeftes, alweet God wat ons nodig het, wil Hy hê dat ons Hom moet vra. Mat 6.
Geestelike behoeftes bv Wysheid Jak 1:5,
Ons moet vra vir die vrug van die Gees (Gal 5:22), want as ons eerlik is dat weet ons dat ons aan ‘n paar van daardie eienskappe tekort het.
Beskerming teen die aanval van die Bose en die aantrek van die wapenrusting, sodat ons deel kan wees van die geestelike oorlogvoering. (Eff 6)
Ons moet ook vra vir die gawes van die Gees (1 Kor 12:4), want dit is die wil van God en Hy gee aan elkeen soos Hy goed dink, maar as ons daarvoor vra, dan kan Hy dit vir ons gee.

Gebed is dus nie ‘n manier om dinge vir onsself te vra nie, maar die Bybelse doel van gebed is dat ons God Homself moet leer ken (Oswald Chambers)

 Al kry ons nie alles wat ons wil hé nie, kan ons dankbaar wees dat ons nie alles kry wat ons verdien nie!

Geniet jou gesprek met God.
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Emmaus Pad
Dankbaarheid
Om God as Familie te dien
Nuwe Krag
Eensaam
Raad Vir Elkeen
Eenvoudige Reels
Borsel Jou Tande
Plasing No 0258

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *