Wie Dink Jy is Jy?

My liewe Boeties en Sussies

Ek hoor nou die dag ‘n persoon ‘n ander persoon met die volgende woorde toe snou: “Wie dink jy is jy! “, en nog erger: “Jy is ’n regte….“   Jy, my boetie, en jy my sussie is baie waardevol en kosbaar in God se oë. Jy is deur God self aanmekaar geweef (Psalm 138) en God het na jou gekyk en gesê: “Dit is goed “

.

   Wat leer die Woord van God ons? Wie is ons?  

 Jy is kosbaar – Jes 43:4 “Omdat jy vir my kosbaar is”

Jy word deur God hoog geag en Hy het jou lief -Jes 43:4 “Omdat Ek jou hoog ag en lief het “

Jy is net minder as ‘n hemelse wese – Psalm 8:6 “U het hom n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien gekroon. “

   Weet jy, as jy Jesus aangeneem het as jou Redder is jy vrygespreek. Jy is ‘n kind van God.

Johannes 1:12b “die wat in Hom glo het Hy die reg gegee om kinders van God te wees .”

Efesiërs 2:10b “in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. “

Efesiërs 1:33Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees”.

2 Korintiërs 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God as vrygespreektes kan leef.”

  Kind van die Almagtige God, moet nie toelaat dat mense jou van stryk af bring nie. Hou vas aan dit wat jy in Christus is. Aanvaarding van mense is belangrik maar nie alles nie.

Die waarheid is dit wat God oor jou sê! Jy is Syne. Hy het jou lief.

 Openbaring 21:7 “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal My seun wees.”

Kosbare kind van God moet NOOIT vergeet hoe kosbaar en waardevol JY vir God-Drie-Enig is nie! Niks kan ooit die waarheid uitwis nie, en die waarheid is jy behoort aan God en niks kan jou van sy liefde skei nie.

Groete, 

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Bou U Legkaart
Liefde
Liefde en Omgee
God is Altyd Daar
Skuldgevoelens En Vergifnis
Die Egte Tiende
Die Tien Gebooie
Veronderstel Ons Is Besig
Plasing No 0321

One thought on “Wie Dink Jy is Jy?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *